Laerskole struikel in Cravenweek
Hoërskole aksie begin vandag in Gqeberha
Die Cravenweek vir hoërskole skop vandag in Gqeberha af met die Pumas wat eers Dinsdag in aksie is teen Griekwas.
Die Pumas sal hoop op ’n beter vertoning as hulle kaalvoet eweknieë wat op die eerste dag 12-0 teen Griekwas gewen het, maar daarna net aan die verloorkant was.Die laerskole Cravenweek is by Grey College in Bloemfontein aangebied.
Dinsdag het die span met 20-15 teen die Griffons vasgeval en daarna 12-39 teen die Luiperds en 28-29 teen Grens.Die Suidwestelike Distrikte is die kampioenspan na ’n 25-17 oorwinning oor Boland in die hoofwedstryd.
Vandag (Maandag) se Cravenweek wedstryde is
09:30 – Boland vs Luiperds.
11:15 – Vrystaat vs Limpopo Blou Bulle.
13:00 – Haaie vs SWD.
15:30 – Westelike Provinsie vs Oostelike Provinsie.
Dinsdag 7 Julie se bepalings
09:30 – Grens vs Valke.
11:15 – Griekwas vs Pumas.
13:00 – Westelike Provinsie XV vs Griffons.
15:30 – Blou Bulle vs Leeus.