KYK: Johnny is beter as ou Kersvader
Maak die nagmerrie van kersinkopies ’n groot avontuur by Johnny’s Bargain World.
Hoeveel slapies nog voor Kersfees?
Ja, Kersfees is om die draai en Kersvader is hard aan die werk by die Noordpool om geskenke bymekaar te maak.
Dié jaar span hy sommer kunsmatige intelligensie (KI) in om hom met die werk te help. Maar soos ons weet, is tegnologie nie altyd betroubaar nie. Voor jy jou oë uitvee, daag Kersvader dalk met ’n rolletjie toiletpapier op, terwyl jy iets heeltemal anders op jou kersbriefie aangevra het!
Winkels vol geskenke
Gelukkig maak Johnny Venter en sy span by Johnny’s Bargain World nie op KI staat nie. Hulle het immers winkels vol geskenke om van te kies.
Of jy nou gereedskap, ’n horlosie, ornamente, meubels, iets antieks of iets buitengewoons soek, jy kan dit dalk net by Johnny’s Bargain World opspoor.
Die komende paar weke gaan Johnny en sy personeel vir ons lesers wys watter interessante items alles in hul winkels beskikbaar is. Wie weet, dalk kry jy sommer ’n paar idees vir jou eie kerslysie!
Maak die nagmerrie van kersinkopies ’n groot avontuur by Johnny’s Barg… | TikTok
