Middelburg gaan Juffrou Christine Steenekamp groet
Christine Steenekamp, ’n geliefde oud-onnie van Middelburg wat op 7 Junie oorlede is, se begrafnis vind more plaas.
Na die afsterwe, van dié oud-onderwyser, was die reaksie van Middelburg se inwoners, ’n testament van Christine se leemte wat sy agter laat.
Die gemeenskap sal more Christine Elizabeth Steenekamp (68), wat verlede Dinsdag, 7 Julie oorlede is ná ’n lang en moeilike gesondheidstryd, finaal ter ruste lê.
Deur die jare het sy diep spore in plaaslike onderwys getrap. Sy het haar onderwysloopbaan by Koornfontein begin voordat sy vir jare by Hoërskool Kanonkop klasgegee het, tot haar aftrede.

Talle voormalige skoolliere, kollegas en vriende beskryf haar as ’n vriendelike, omgee-mens wat met geduld, deernis en toewyding ’n merkwaardige verskil in jongmense se lewens gemaak het.
“Sy was ’n inspirerende onderwyser wat altyd tyd gemaak het vir haar leerders en ’n sagte hart vir mense gehad het.” het boodskappe sedert haar afsterwe gelui.
Sy word oorleef deur haar man, Rudi Steenekamp, hul kinders, Ruan en Chrizelle Steenekamp, asook haar skoonseun, Clarence Hills.

Rudi het namens die familie gesê hulle is diep dankbaar vir die stroom van liefde, gebede en ondersteuning wat hulle ontvang.
“Christine was ’n straal van lig vir ons gesin. Ons is opreg dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd,” het hy gebroke gesê.
In ’n boodskap wat deur die familie gedeel is, skryf hulle dat Christine ná “’n lang en moeilike pad nie meer gebonde is aan haar aardse stryd nie” en dat hulle dankbaar is dat sy nou vrede gevind het.
Juffrou Christine Steenekamp se nalatenskap as toegewyde opvoeder en mens van geloof sal nog lank in die harte van die breër Middelburg voortleef.

Begrafnisreëlings is as volg:
Donderdag, 16 Julie om 11:00, vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk – Middelburg Noord Gemeente.
Ds. Christo van der Merwe sal die dien waarneem.
