Die talentvolle haker van die Noordwes Universiteit se Varsitybeker span, Jordan McLoughlin, is ingesluit in die Pumas se span wat Vrydagaand teen die Haaie in die Mbombela Stadion in Nelspruit speel, wanneer die Curriebeker seisoen afskop.
Sy spanmaats verlede jaar by die NWU Arende, Matthew Fortuin, en Jaco du Toit, is op die bank vir die Haaie.
Ses Varsitybeker-sterre van die NWU het professionele kontrakte met Suid-Afrikaanse rugbyunies geteken. Hulle is Matthew Fortuin (Haaie), Jaco du Toit (Haaie), Stephan Krugel (Pumas), Jordan McLoughlin (Pumas), Sean Roulston (SWD) en Ricardo Fourie (Luiperds).
Krugel was die Pukke, soos die Potchefstromers al die jare bekend is, se kaptein.
Die Pumas het ’n groot groep voormalige NWU-spelers soos die 2023 Varsitybeker-wenner, Sampie Swiegers, Gustav du Rand, André Fouché, Heinz Bertram en Tino Swanepoel.
Fortuin, die NWU Arende-buitesenter, het ‘n eenjaarkontrak met die Haaie gesluit.
Die sewes Bok, Christie Grobbelaar, begin vir die Durbaniete op vleuel.
Deon Slabbert (slot) en Ross Braude (skrumskakel) het voorheen vir die Pumas uitgedraf.
Die Pumas het sy geharde agttal gekies wat die SA Beker gewen het en behoort te veel skietgoed vir die besoekers te hê.
Haaie: 15 Chijindu Okonta, 14 Christie Grobbelaar, 13 Marnus Potgieter, 12 Janco Purchase, 11 Lyle Matthews, 10 Tim Swiel, 9 Ross Braude, 8 Thomas Dyer (kaptein), 7 Jannes Potgieter, 6 Willem van den Heever, 5 Deon Slabbert, 4 Johan Momsen, 3 Simphiwe Ngobese, 2 Kerron van Vuuren, 1 Cameron Dawson. Plaasvervangers: 16 Jacques Marais, 17 Jaco du Toit, 18 Lee-Marvin Mazibuko, 19 Sipho Nonyalela, 20 Hanu Pieterse, 21 Ceano Everson, 22 Chris Horak, 23 Matthew Fortuin.
Pumas: Sien spanlys.

Die Vrystaat en Griekwas het ook reeds hulle spanne bekend gemaak.
Die naweek se bepalings is.
Vrydag , 17 Julie 2026
Pumas vs Hollywoodbets Haaie 17:00 Mbombela Stadion, Nelspruit.
DHL Stormers XXIII vs Suzuki Griekwas: 19:05 DHL Stadion Kaapstad.
Sondag, 19 Julie Toyota Cheetahs vs Fidelity ADT Leeus 13:. Toyota Stadion, Bloemfontein.
Sanlam Boland Kavaliers vs Vodacom Bulle 15:00. Sanlam Boland Stadion, Wellington.
Vrystaat: 15 Clayton Blommetjies, 14 Cohen Jasper, 13 Munier Hartzenberg, 12 Zander du Plessis, 11 Michael Annies, 10 Jaco van der Walt, 9 Faf de Klerk, 8 Neels Volschenk (c), 7 Juan Venter, 6 Ramon Uys, 5 Victor Sekekete, 4 Carl Wegner, 3 Aranos Coetzee, 2 Marko Janse van Rensburg, 1 Tielman Niewoudt. Plaasvervangers: 16 Juan Smal, 17 Dux Manyama, 18 Frankie Dos Reis, 19 Simon Muller, 20 Daniel Maartens, 21 Rewan Kruger, 22 Ethan Wentzel, 23 Prince Nkabinde.
Griekwas: 15 Gurswin Wehr, 14 Dylan Maart, 13 Mnombo Zwelendaba, 12 Sako Makata, 11 Stefan Coetzee, 10 George Whitehead, 9 Bobby Alexander, 8 Dillon Smith, 7 Marco de Witt, 6 Carl Els, 5 Albert Liebenberg (c), 4 Malembe Mpofu, 3 Ig Prinsloo, 2 Janco Uys, 1 Leon Lyons. Plaasvervangers: 16 Tiaan Lange, 17 Eddie Davids, 18 Ntobeko Shezi, 19 Derik Pretorius, 20 Lourens Oosthuizen, 21 Caleb Abrahams, 22 Damian Markus, 23 Cameron Hufke.
