News

Soektog na vermiste Nungu-werker kring uit

Sy verloofde het reeds langs die treinspore na hom geaan soek.

Daar word gesoek na Raymond Marais wat vanoggend op pad werk toe vermis geraak het.

Marais het tydens sy verdwyning ’n blou denim, swart hoodie en blou oorbaadjie aangehad met die naam “Nungu” op.

Hy is ’n algemene werker by die maatskappy.

Sy verloofde, Liezel, sê sy het omstreeks 07:45 die laaste keer van Marais gehoor.

In ’n ontstellende oproep het hy haar vertel dat hy deur ’n groep mans gejaag word.

Hy was op daardie stadium by die treinspoor naby die Dierebeskermingsvereniging.

Marais het nie by die werk opgedaag nie en ’n reusesoektog is van stapel gestuur.

Sedertdien lui sy foon, maar dit word keer op keer doodgedruk.

Volgens Liezel is hulle al ’n jaar verloof en het Marais nog nooit van die huis weggeloop nie.

Sy soek al die heeloggend self na hom in die omgewing rondom die treinspoor waar hy gesê het hy was.

Liezel sê sy weet nie of sy hom as vermis moet aanmeld nie.

“Alles is tans so deurmekaar,” sê sy.

Enigiemand wat weet waar Marais hom bevind, kan 066 218 5538 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button