News

Die son kom op, die son gaan onder…

En in die water vorm ’n kruis.

Het gesimpatiseer met ’n vriend wie se vrou aan kanker oorlede is.

Hy het op WhatsApp terug laat weet “die son kom op, die son gaan onder”.

Hy het sekerlik bedoel “die lewe gaan aan”.

Het net daarna nog ’n boodskap van iemand anders op WhatsApp gekry:
The sun does not ask if today is worthy of shining – it simply rises…
…and so will I…

@middelburgobserver

Laatmiddagverkeer het verby Laerskool Middelburg geswiep. Op die rugbyveld was twee eerstespanne in ’n verwoede stryd betrokke. Ouers het hulle kele hees geskreeu op die pawiljoene. By vulstasies was dit ’n gestoot en stamp; die petrolprys styg middernag. En tussen al die rumoer was daar stilte. Stilte toe die son oor Middelburg sak. Nog ’n dag verby. Nog ’n dag van stryd en drama. Iewers in ’n icu het iemand om sy lewe geveg. Iewers is ’n baba gebore. Terwyl Nicus van der Merwe aanlê pale toe, het die Liewe Heer in die Weste geskilder. Helder kleure van rooi en oranje. Geskilder… toe die son oor Middelburg sak…#Middelburg #Mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

’n Paar weke gelede publiseer die Middelburg Observer ’n foto van ’n sonsondergang terwyl Laerskool Middelburg en Kanonkop sake op die rugbyveld uitspook.

Nicus van der Merwe wat aangelê het pale toe se pa, Jakes, het die foto op doek laat verewig.

Agterop die afdruk is ’n beriggie wat op die Middelburg Observer se webblad verskyn het.

‘n Rugbyspeler skop pale toe.
Nicus van der Merwe lê aan pale toe terwyl die son oor Middelburg sak. FOTO: Tobie van den Bergh

Laatmiddagverkeer het verby Laerskool Middelburg geswiep.
Op die rugbyveld was twee eerstespanne in ’n verwoede stryd betrokke.
Ouers het hulle kele hees geskreeu op die pawiljoene.
By vulstasies was dit ’n gestoot en stamp; die petrolprys styg middernag.
En tussen al die rumoer was daar stilte.
Stilte toe die son oor Middelburg sak.
Nog ’n dag verby.
Nog ’n dag van stryd en drama.
Iewers in ’n icu het iemand om sy lewe geveg.
Iewers is ’n baba gebore.
Terwyl Nicus van der Merwe aanlê pale toe, het die Liewe Heer in die Weste geskilder.
Helder kleure van rooi en oranje.
Geskilder… toe die son oor Middelburg sak…

‘n Sonsopkoms.
Die son kom op oor Middelburg. FOTO: Tobie van den Bergh.

Ry Woensdagoggend vir ’n afspraak by die Middelburg Buiteklub se hek in.
Die son kom op oor Middelburg.

’n Asemrowende prentjie.

Die son het gesak, die son kom op.

En in die water vorm ’n kruis.

Die son het nie gevra nie of dit vandag die moeite werd is om oor Middelburg te skyn nie – dit kom eenvoudig op…

Dit skyn in helder rooi.
…en so sal elkeen van ons ook skyn…
…elkeen in sy eie kleure…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button