Dit is Saterdag Grey teen Grey!
Twee oudleerlinge van dié spog hoërskool in Bloemfontein, pak mekaar by Hoërskool Middelburg in ’n Noordvaal Virsekerbeker wedstryd.
Christiaan Gouws is in beheer van ’n Middie groep seuns wat tot dusver die seisoen verras het met hulle spel.

By Hoërskool Monument is die oud Bok voorry, Jannie du Plessis, die hoofafrigter.
Die twee se ouers het langs mekaar geboer op Bethlehem in die Vrystaat.
Jannie, die “ouboet”, tussen die seuns, was in Laerskool Truida Kestell en Christiaan ’n leerling by Jordania.
Na hulle laerskoolloopbaan is albei na Grey College.

“Ons is steeds goeie vriende. Dit gaan ’n interessante naweek wees,” sê Christiaan.
Hy erken dat Monnas se eerstespan die oorweldigende gunstelinge is.
Die Virsekerbeker gaan egter nie net oor die eerstespanne nie en hy glo die ouderdomspanne gaan hulle man staan.
Hoërskool Middelburg:
Kgontse Masilela, Kamo Masilo, Katlego Baloyi, Blake Faber, Kgotso Peta, Buhle Mphahlaza, Rodrigo Diniz, Sifiso Hlungwane, Menzi Siyaya, Khensani Buthelezi, Johan Raulstone, Lihan de Vaal, Dewald du Toit, Ryan Blake, Melchior van Niekerk. Plaasvervangers: Theodore Vermaak, JP de Jager, Ziyabanda Xaba, Siyabonga Mokgoatjana, Aiden Nel, Jordan Jones, Jayden Abbey, Aiden van Heerden.
