News

Afrikaanse musiek laat moeë fietsryers dans

Lekker ou Jan is nie Stoksielalleen nie...

David Kramer se liedjie “Stoksielalleen” het moeë fietsryers Saterdagoggend aan die dans gekry.

By een van die Alzu 100 myler waterpunte het die atmosfeer skielik verander, toe daar met Afrikaanse musiek laat waai is.

@middelburgobserver

1 – By een van die Alzu 100 myler fietswedren se waterpunte het die atmosfeer skielik verander, toe daar met Afrikaanse musiek laat waai is.#Mpumalanga #Middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Hoe die fietsryers pikante danspassies uitgehaal het, sonder om ’n kramp te kry, is ’n mediese wonderwerk.

@middelburgobserver

2 – By een van die Alzu 100 myler fietswedren se waterpunte het die atmosfeer skielik verander, toe daar met Afrikaanse musiek laat waai is.Mpumalanga Middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Ek vra vir Tillie, ma’ Tillie sê sy willie
Miskien wil ha’ sussie, ma’ ha’’ sussie issie lussie
Toe dink ek aan Vossie, ma’ Vossie is okkie lossie
Ek smeek toe vi’Hannie, ma’ Hannie sê sy kannie
Ek is stoksielalleen, stoksielalleen
Stoksielalleen op ’n Saterdagaand

Terwyl die volgende groep aangery gekom het, was dit die beurt van “Lekker ou Jan”.
Dis ’n lekker ou Jan
Dis ’n lekker ou Jan
Dis ‘n lekker ou Jan (Dis ’n lekker ou Jan)
Kom hang aan my (Kom hang aan my)
Ja kom hang aan my (Kom hang aan my)
Kom hang aan my soos ‘n Kaap se heuningby…

@middelburgobserver

3 – By een van die Alzu 100 myler fietswedren se waterpunte het die atmosfeer skielik verander, toe daar met Afrikaanse musiek laat waai is.Mpumalanga Middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Skielik was daar ’n nuwe huppel in hulle stap.

Of was dit trap?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button