News

Dit reën drieë in Virsekerbeker

Zwartkop en Garsfontein op pad vir Saterdag se kragmetings.

Hoërskool Middelburg en Monument van Krugersdorp was Saterdag in ’n drieëfees betrokke.

Altesaam 16 drieë is gedruk in ’n kragmeting wat met 68-42 deur Monnas gewen is.

Die Noordvaal Virsekerbeker kragmetings was ’n reuse oorwinning vir Middies, want sy ouderdomspanne het hulle man gestaan.

Veral die o/14 A-span se oorwinning van 15-7, moet die skool se rugbyhoof, Christiaan Gouws, breed laat glimlag.

Die jong span het in die derby teen HTS Middelburg verwoesting gesaai, maar daarna ’n afwaartse kurwe getoon.

Om een van die toonaangewende spanne in die kompetisie te klop, voorspel net goeie dinge vir die toekoms.

Die o.15 A-span het self ’n goeie oorwinning van 16-14 behaal, terwyl die o.16 A-span met 23-22 deurgeskuur het.

Dit is drie uit vier oorwinnings vir die A-spanne.

Die volledige uitslae is:

o.14 A wen 15-7.
Die o.14 B-span verloor met 5-31.
o.14 C-span speel gelykop sonder dat daar punte aangeteken is.
Die o/15 A-span wen 16-14.
B-span verloor 14-21.
o.15 C-span verloor 10-31.
o.16 A-span wen 23-22.
B-span verloor 12-27.
Die o.16 C-spanne speel gelykop met 19 elk.
Middies se vierde span wen 21-14.
Die derde span wen 28-5.
Die tweede span verloor 17-42.
Die eerste span verloor 42-68.

Saterdag besoek die twee top spanne in die liga Middelburg. HTS Middelburg (Plaatafdeling) speel tuis teen Zwartkop, wat verwoesting gesaai het teen Nelspruit (49-23). Middies (Bekerafdeling) pak die top span in die liga, Garsfontein, tuis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button