HTS Middelburg se Rooi Bulle is Saterdag in die Noordvaal Virsekerbeker deur Pretoria se Oos-Moot geskok.
Dit is duidelik dat daar ’n gedaanteverwisseling is van spanne voor en na die Julie vakansie.
Oos-Moot is een van die spanne wat voor die vakansie gesukkel het, maar Saterdag weg van die huis af met 32-19 gewen het.
Die jong span van Jano Venter is uiteindelik deur ’n lang beseringlys ingehaal.
Wat kommerwekkend is, is dat Zwartkop Saterdag op die Rooies wag.
Dié span is besig om amok te maak in die plaatafdeling.
Goeie nuus is dat die o.14 span wat die seisoen sukkel, met 12-5 gewen het.Die o.15 A-span het 31-20 gewen, die o.16 A-span het met 19-31 vasgeval.
Ander uitslae is:
o.14 B-span 15-7.
o.15 B-span 29-0.
o.16 B-span 19-14.
Derde span 21-22.
Tweede span 24-24.
