News

Middelburg se “sagte hart” gegroet

Die gemeenskap van Middelburg neem môre finaal afskeid van die man met die 'sagste hart'", na sy skielike afsterwe verlede week.

Die lewe van John Stanton, ’n Middelburger wat verlede week in ’n motorongeluk in Totiusstraat gesterf het, word Vrydag gevier wanneer familie, vriende en die gemeenskap van hom afskeid neem.

John (61) het saam met sy vrou, Amanda, ’n skoolvervoer-diens bedryf en was ’n bekende gesig op die dorp se paaie. Ouers het hom elke skooldag met hulle kosbaarste besittings vertrou.

Sedert sy skielike dood het boodskappe van meegevoel, gebede en ondersteuning ingestroom.

Amanda bedank die nooddienste vir hul professionaliteit en deernis op die ongelukstoneel, asook familie en vriende wat haar van die eerste oomblik af ondersteun het.

Sy vertel, “Noodpersoneel het sélfs hul voertuig vir my oopgemaak sodat ek vir ’n oomblik in stilte kon sit en tot verhaal kom.”

’n Besonderse woord van dank word aan Eddie Janse gerig, wat haar, al het hulle mekaar nie geken nie, na die ongelukstoneel geneem het.

Die oproepe, WhatsApp-boodskappe en plasings op sosiale media het haar diep geraak.

“Dit was oorweldigend om te besef hoeveel mense omgee. Ek is dankbaar dat die Here my in ’n dorp geplaas het waar daar sulke dierbare mense woon.”

Net dae na sy onverwagse dood sou John en sy vrou Maandag, 27 Julie hul verjaarsdae saam gevier het, “Hierdie jaar was ons verjaarsdag, veral moeilik. Sonder my gemeente se ondersteuning in hierdie hartseer tyd sou ek verlore gewees het.” vertel sy.

Foto: verskaf.

John was oorspronklik van eMalahleni en het sowat twee jaar gelede na Middelburg verhuis. Hulle was net 14 maande getroud en het saam hulle lewe en onderneming gebou.

“Uit my hart weet ek my dierbare, sagtehart-man sou elkeen wou bedank wat my nou dra.”

Sy diens vind Vrydag, 31 Julie, om 11:00 by Lighuis Gemeente in Aerorand plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Check Also
Close
Back to top button