News

Ses jaar later sterf nog 12 in grensoorlog

John Frewin: "Ons maak nie geld uit mense se dood nie"

“Ons sal nooit geld maak uit iemand se dood en lyding nie.”
Dit was Augustus 1982, net vyf maande nadat ek redakteur geword het van die Middelburg Observer.
Johnny Kruger het by die ontvangs gestaan, tjekboek in die hand.
Hy wou ’n huldeblyk plaas oor sy seun, Anton (21), wat in die grensoorlog gesneuwel het.
Die bestuurder en eienaar van OH Frewin Drukkers en Uitgewers, John Frewin, het my nadergeroep.
“Toby (soos hy my genoem het) help vir Johnny, maar onthou ons sal nooit geld maak uit iemand se dood of lyding nie.”

Die doodstyding was vir almal ’n skok

As snuiter redakteur het dit my daardie dag getref.
Dat gemeenskapskoerante oor hulle mense gaan, in nood en dood.
Dat ons nie ’n tjek vat by ’n man wie se seun in sulke tragiese omstandighede gesterf het nie.
Die omvang van Anton Kruger en Fly Lombard se dood het ons egter al vroeër getref.
Fly se suster, Esther, het in die Middelburg Observer se uitlegkamer gewerk – die doodstyding was vir almal ’n skok.

Boerseun, Rudi Marx

Ses jaar later het nog ’n grensoorlog ongeval Middelburg in rou gelaat, toe boerseun, Rudi Marx, gesterf het.
Sy ouers was bekende boere van die omgewing, Andries en Marietjie Marx.
Op 27 Junie 1988 het Kubaanse MiG-23-vegvliegtuie ’n bomaanval op die Caluequedam in suidelike Angola geloods, wat aan SA Leërkant tot ’n verlies aan lewens gelei het.

Vergeldingslugaanval

Daar was ’n vergeldingslugaanval nadat SA Weermag-artillerie Kubaanse en FAPLA-posisies by Techipa bestook het. ’n Swaar 1000lb-vliegtuigbom het direk tussen ’n Buffel-troepedraer (van 8 SAI) en ’n Eland 90-pantserkar (van 10 Pantsereskader) ontplof.

Twaalf lede van die SA Weermag en siviele magte is dood toe die bom die voertuie tref.
Die 12 gesneuweldes sluit in: Luitenant Noah Tucker, korporaal Ewert Phillipus Koorts. Slagoffers in die Buffel-troepedraer (8 SA Infanterie): Luitenant Noah Tucker (23), korporaal Ewert Phillipus Koorts (19), onder korporaal Johannes Reinhard Gerhardus Holder (19), skutter Johannes Mattheus Strauss Venter (19), skutter Thomas Benjamin Rudman (20), skutter Phillipus Rudolph Marx (19), skutter Andries Stephanus Johannes Els (19), skutter Michael John van Heerden (19). Slagoffers in die Eland 90-pantserkar (10 Pantserkar Eskader/SSB), onder korporaal Wynand Albert van Wyk (19), skutter Gregory Scott (19), skutter Emile Erasmus (20). Ander verlies naby Calueque: Tweede luitenant Muller Meiring (19) van 61 Gemeganiseerde Bataljon (gesneuwel in ’n Ratel).

  • Die dag toe die militêre stoet deur Middelburg se strate beweeg het, was ’n aangrypende oomblik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button