There is a new star in the Puma team.
Die oud Vrystater, Banie Britz, is op vleuel by die span ingesluit, wat Sondagmiddag teen die Boland in Wellington speel.
Britz is one of several changes to the team, which lost badly to the Lions, with heavyweights Sampie Swiegers, Ntsika Fisanti, Ruwald van der Merwe and Tiaan de Klerk returning.
Troy Delpoprt het verlede week op senter geskitter, maar die Puma afrigtingspan het tog besluit om Wian van Niekerk terug te bring.
Dit is duidelik dat die Pumas op ervaring gaan staatmaak om die Boland se segetog te stuit.
Die Bolanders het alreeds met die Blou Bulle en Stormers afgereken.
Nevaldo Fleurs vervang Danrich Visagie op losskakel. Daar is min tussen die twee te kies.
Willie Engelbrecht is ook terug in sy gunsteling posisie op agsteman en Fisanti speel in De Wet Marais se plek.
Die ervare Ruwald van der Merwe is die nuwe nommer sewe flank, met Marvelous Mashimbyi wat nie die span gehaal het nie.
Maak nie saak watter span Stonehouse kies nie, daar is een speler wat hy graag teen die Boland sal wil loslaat. Sy naam is “Dissipline”. Geel kaarte het die span in sy eerste twee wedstryde gesink en dit was alles as gevolg van swak dissipline.
Pumas: Jaycee Nel, Alfondso Isaacs, Sango Xamalashe (Onder kaptein), Wian van Niekerk, Banie Britz, Nevaldo Fleurs, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht (k), Ruwald van der Merwe, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers, Chyle van Zyl, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Kudzwai Dube, Junior Banda, Stephan Krugel, Thabo Ndimande, Russwell Fredericks, Troy Delport, Darren Adonis.
