News

Vreugde langs die rugbyveld

Video van wendrie loop soos stroop.

Is jy dalk swaarmoedig?

Soek jy bietjie opwinding?

Wil jy sien wat ware vreugde is?

Nee, Dokter Phil gaan jou nie help nie.

Ry more sommer vroegoggend na Hoërskool Middelburg en spandeer die dag langs die rugbyveld.

Die derdes, o.14 A en C-spanne skop al agt uur af, met die hoofwedstryd om 12:25.

@middelburgobserver

Toe Mogedi Phalane van Hoërskool Middelburg se o.16 A-span Saterdag oorduik, vir die wendrie (23-22), teen die magtige Monnas van Krugersdorp, het dit ontplof op die pawiljoene. #Mpumalanga #Middelburg #mhs #rugby

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Met die reuk van worsbroodjies in jou neusvleuels, word meegevoer deur opgewonde ouers, mooi drieë, spanning en vergeet van al jou wêreldse laste.

Ja-ja weet hierdie klink soos ’n goedkoop bemarkingsberig vir more se wedstryde by Middies, maar dit is nie.

’n Video wat wyd gesirkuleer word, vang die vreugde vas van ’n dag langs die rugbyveld.

Toe Mogedi Phalane van Hoërskool Middelburg se o.16 A-span Saterdag oorduik, vir die wendrie (23-22), teen die magtige Monnas van Krugersdorp, het dit ontplof.

Vreugde onbeperk!

Ons hoef niks verder te sê nie, kyk die video.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button