
Daar is nog twee rondtes wedstryde in die Noordvaal Virsekerbeker se ligafase oor met HTS Middelburg wat Saterdag tuis teen Zwartkop speel en Hoërskool Middelburg wat Garsfontein pak.
Die twee Pretoriase skole is bo aan die punteleer van die plaat- en bekerafdeling in die Visekerbeker.
Na hierdie twee tuiswedstryde is dit moeilike weg wedstryde teen Nelspruit en Noordheuwel.
Zwartkop se oorwinning in die week teen Klerksdorp maak hom nou die voorste span in die plaatafdeling met Nelspruit wat afskuif na die tweede plek.
HTS Middelburg is algeheel vyfde en Middies sesde van die nege spanne.
Een goeie aspek van die jaar se Virsekerbeker is dat Hoërskool Middelburg nie meer vir die groot name skrik nie. Al het hulle teen Monument verloor, het hulle nooit boedel oorgegee nie.
Senter Jacques Greyling, wat wonderbaarlik herstel het na ’n ernstige besering, is na net een week op die plaasvervangerbank terug in die Rooi Bulle se beginspan.
HTS Middelburg:
Cornelius Erasmus, Devon Botha, Jacques Greyling, Wynand Cronje, Fourie Joubert, Ruan Jansen van Vuuren, Ruan Pienaar, Tiaan Christiaan Bezuidenhout, Andrea de Wet, Regard Blake, Max Venter, Tiaan Grobler, Uzilke Mathelela, Waldro Lourens, Edward Albert Chessman Elmes. Plaasvervangers: Jade Stimie, Sebastian Malan, Argu Leon Kruger, Ruben Kruger.
Hoërskool Middelburg:
Katlego Baloyi, Kamo Masilo, Jano Wilson, Blake Faber, Kgontse Masilela, Buhle Mphahlaza, Rodrigo Diniz, Sifiso Hlungwane, Mezi Siyaya, Khensani Buthelezi, Johan Raulstone, Lihan de Vaal, Dewald du Toit, Ryan Blake, Melchior van Niekerk. Plaasvervangers: Theodore Vermaak, JP de Jager, Ziyanda Xaba, Siyabonga Mokgoatjana, Aiden Nel, Jordan Jones, Jayden Abbey.