*Everybody was Kung Fu Fighting and forgot they are there to play or watch rugby.
*Baldie tried to head butt but missed… Then they all ganged up on Ed Sheeran.
*That guy with no shirt on looks like Dink and Doink from WWE wrestling.
*When you think you were there to watch rugby but get a taste of wrestling mixed with WWE wannabes and those who still think that LIV Golf hasn’t ended.
* Green shirt’s head butt was from so far away, he might has well have sent it through e-mail.
*Boksburg, Benoni, Brakpan, Germiston, Springs…
Dit is van die kommentaar wat sosiale media aan die gons het, sedert gister, na ’n woeste geveg tydens die wedstryd tussen Dr EG Jansen van Boksburg en Menlopark van Pretoria.
Daar was komiese kommentaar, maak ook erge veroordeling van die laakbare geveg.
Een van die toeskouers wat so erg deur ’n skoolseun geslaan word dat hy later sonder sy hemp is, lyk soos die sanger Ed Sheeran.
Sheeran is bekend vir liedjies soos A Team, Bad habits en Photograph.
En Sheeran kon dalk net van EG Jansen gesing het…bad habits…

Die skool was hierdie jaar al in verskeie voorvalle betrokke.
Gedurende die wedstryd teen HTS Middelburg is Nathan Jansen van Vuuren van die Rooi Bulle so hard en onwettig by ’n losskrum geloop, dat hy met ’n ambulans hospitaal toe geneem is.
Tydens dieselfde wedstryd is sy sentermaat, Jacques Greyling, geduik dat sy milt gebars het.
Daarna was dit Hoërskool Middelburg wat deurgeloop het, toe daar aggressief en roekeloos op ’n Middie speler in die doelgebied geduik is, nadat hy ’n drie gedruk het. Die video wat daarna opslae gemaak het, eindig met die Hoërskool Middelburg speler wat op die grond krul van die pyn.
Sommige ouers van Dr EG Jansen het oor die voorval gespog, dat hulle beter is as die hokvegter, Dricus du Plessis.
Die eindtelling tussen Menlopark en Dr EG Jansen tydens die Virsekerbeker Noordvaal-wedstryd was 36-5 in die Pretorianers se guns, toe die wedstryd gestop moes word, weens die grootskaalse geveg, waar skoolkinders én ouers betrokke was.
Video’s van die geveg het soos ’n veldbrand aanlyn versprei.
KYK NA DIE VIDEO HIER: https://youtube.com/shorts/eu_1xuUreb0?si=DDm5aVACdw_rbekq
Thinus Diedericks, voorsitter van die Noordvaal Skolerugby-vereniging, het vanoggend in ’n stemposboodskap aan die Middelburg Observer gesê “dat dit ’n ding is wat hom ongelooflik kwaad maak.”
“Die gedrag is net totaal en al onaanvaarbaar en is nie deel van ons sport nie Dit moet nie enigsins op ’n rugbyveld gebeur nie.”
Mnr. Diedericks sê verslae word van beide skole ingewag en daarna sal die Noordvaalvereniging dit hanteer.
“Ons sal die ding moet laat verloop, soos hy moet verloop.”
Hy het onderneem om die uitslag daarna aan die Middelburg Observer en ander media bekend te maak.
Die hoof en beheerliggaam van Dr EG Jansen het in ’n verklaring wat pas uitgereik is, gesê die skool is bewus van die voorval teen Menlopark.
“Die skool sien enige bewerings in ’n ernstige lig en bevestig dat ’n deeglike ondersoek reeds begin het. Alle beskikbare feite en inligting sal objektief en onpartydig ondersoek word.
“Wees verseker dat sou die ondersoek toon dat dat enige persoon hulle aan wangedrag skuldig gemaak het, die skool sonder huiwering die toepaslike dissiplinêre stappe in ooreenstemming met die skool se gedragskode sal neem.
“Hoërskool Dr EG Jansen bly verbind tot die handhawing van die hoogste standaarde van dissipline, sportmangees, respek en verantwoordelikheid.”
Daar is ’n beroep gedoen op “ouers, leerders en lede van die gemeenskap om hulle van enige kommentaar aan die media, asook van deelname aan besprekings of die verspreiding van inligting, menings, foto’ of video-opnames op enige mediaplatforms te weerhou.”
Nog kommentaar na die Boksburg en Pretoria geveg op sosiale media is:
*Klippies for the win!
*Tannie wat skree “Dis ’n kind! Dis ’n kind”.
*Skors almal wat betrokke was.
*Is EG Jansen ’n boks skool?
*Moerse free-range scrum daai…*
*This is hilarious. How are people so common?
*EG Jansen lost the game, but they won the fight!
*The lightie says “kom kom” but hits a oke from side on and behind. Tough guy with his mates.
*Kan dit waar wees? Sies! Ek hoop hier word ondersoek ingestel en die kinders wat vuiste gooi teenoor ouer mense? Wat maak ons groot?
*Sissies can’t even fight right.
*Happy to see the security guy minding is own business in the background.
*Steroids went to the head.
*The guy who lost his shirt……he need to go lay in the sun for a while.
*How good was that flying knee uppercut combo!
*Hel! Geen ordentlike mens tree so op nie. Ek sal my kop in skaamte laat sak, as ek met hierdie skool geassosieer moet word.
