News

Donderweer uit Pretoria tref Middies

Noordheuwel wag Saterdag in Johannesburg.

Daar is ’n ou Suid-Afrikaanse gesegde, “jy kan nie teen donderweer roep nie”, of so iets.
Ons het dit vanjaar in die Curriebeker gesien en ons sien dit in die Noordvaal Virsekerbeker.

Jy kan die beste motivering doen, die beste etes voorsit, die beste oefening, maar as jy nie die skietgoed het nie, gaan niks jou help nie.

Gewoonlik begin goed gemotiveerde, maar onderbemande spanne goed, maar soos ’n kragmeting vorder, sak hulle al verder uit.

Jy kan ’n Affies wees, ’n Grey of Noordheuwel, maar as jy teen Paarl Gimnasium speel, kom jy teen ’n magtige krag in Suid-Afrikaanse skolerugby te staan. Hulle het die mannekrag. Sonder mannekrag sou Pieter Rossouw niks kon uitrig nie.

Wanneer jy teen Gimmies speel, kan jy nie geen donderweer roep nie. Gimmies het hierdie jaar al een van die top spanne in die Noordvaalbeker, Noordheuwel, met 61-10 afgeslag, nog ’n top Noordvaal span, Menlopark met 73-17, Affies 51-24, Grey 29-14 en Paul Roos 68-22.

Saterdag het Hoërskool Middelburg donderweer trotseer toe hy teen Garsfontein gespeel het.
Hy het die aanslag aanvaklik afgeweer, maar jy kan met respek nie teen donderweer gaan staan en stry nie. Die span in groen verloor uiteindelik met 45-7.Maar daar is geen rede om in sak en as te sit nie.

Niemand het gesê dit gaan die eerste jaar van die plaatafdeling af na die top bekerafdeling maklik wees nie. Middies gaan volgende jaar weer daar wees.

Die hoof, JJ Hennop is ’n rugbyman in murg en been, die rugbyhoof, Christiaan Gouws, is ’n rugbyman in murg en been. Daar is ’n sterk groep afrigters en die o.14 A-span se uitslae moet almal betrokke breed laat glimlag.

Die fondasie is gelê om op voort te bou. Wat die skool alreeds bereik het hierdie jaar is merkwaardig.
Saterdag wag Noordheuwel weg in die laaste wedstryd van die ligafase.

Uitslae teen Garsfontein:

o.14 A: 39-20.
o.14 B: 19-14.
o.14 C: 17-17.
o.15 A: 20-26.
o.15 B: 5-14.
o.15 C: 17-19.
o.16 A: 5-28.
o.16 B: 7-57.
o.16 C: 0-57.
Vierdes: 15-17.
Derdes: 10-7.
Tweedes: 20-7.
Eerstes:7-45.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button