News

Kwaggas gaan nou rokkies dra

Bekende Bongi kom netbal meisies inspireer.

Die gewilde Kwagga rugby gaan nou ook na netbal uitgebrei word.Om die stigting te vier, gaan Kwagga Netbal saam met een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde netbalikone, Bongiwe “Bongi” Msomi, ’n inspirerende netbalkliniek en vaardigheidsontwikkelingsessie aanbied.

Bongi is ’n voormalige Spar Proteas kaptein (2016–2023), Suid-Afrika se mees bekroonde Protea netbalspeler, het Suid-Afrika by vier Netbal Wêreldbekers verteenwoordig, het Suid-Afrika by drie Statebondspele verteenwoordig, meervoudige Vitality Netbal Superliga Kampioen in Engeland en huidige hoofafrigter van die Universiteit van Johannesburg (UJ) se netbalspan.

Na die kliniek gaan die netbalbane besoek word vir ’n dag vol prettige netbalwedstryde, opwindende kompetisie en fantastiese pryse – insluitend ’n toekenning vir die Beste Geklede Span Tema!
Wat maak hierdie geleentheid anders?

Die pamflet.
Grafika: Verskaf.

Slegs meisies (0.9 – o.12).

Nie skoolgebonde nie – almal is welkom.

Gemengde spanne is welkom, mits alle spelers in die span in dieselfde ouderdomsgroep is. Agt spelers per span.

R100 per speler.

Kwagga meisies kan hulle vaardighede verbeter, nuwe vriende maak, of bloot ’n onvergeetlike dag van netbal geniet.

Die groot dag is op 15 Augustus 2026 by Hoërskool Middelburg.

Inskrywings sluit op 10 Augustus 2026.

Inskrywingsvorms is op die Kwagga (Middelburg Junior Rugby) se Facebookblad beskikbaar.

Die o.8 rugbyspelertjies is tans hard besig met hulle sesweke rugbygereedprogram wat hulle moet voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button