News

Liefdevolle Henk Pieterse oorlede

Henk Pieterse, ’n inwoner van Middelburg, is gister, 4 Augustus, ná ’n kankerstryd oorlede. Sy begrafnis vind later vandeesweek plaas.

Dit is met diepe hartseer dat die afsterwe van Henk Pieterse op 4 Augustus 2026 met die Middelburg-gemeenskap gedeel word.

Hy was net 65 jaar oud.

Henk laat sy geliefde vrou, Christa, sy dogters, Mckayla en Derdre, en sy hart se punt – sy kleinkinders – agter. Vir hulle was hy ’n getroue eggenoot, toegewyde pa en trotse oupa wat sy gesin altyd eerste gestel het.

Geliefdes sal hom só onthou: “Ons sal jou vir altyd koester vir jou sagte hart, vriendelikheid en opregte omgee.“

Henk en Christa Pieterse. Foto: Verskaf.

Hy was altyd bereid om ’n helpende hand uit te steek, ondersteuning te bied of bloot ’n woord van bemoediging te spreek. 

Hierdie warmte en opregtheid het hom talle vriendskappe besorg, en hy het ’n besonderse gawe gehad om mense welkom en gewaardeerd te laat voel.

“Die spore wat jy getrap het en die verskil wat jy in ander se lewens gemaak het, sal nog lank voortleef,“ het sy naastes gesê.

Hoewel sy heengaan ’n groot leemte laat, vind sy familie en vriende troos in die kosbare oomblikke wat hulle saam gedeel het, asook die geloof dat hy nou in ewige vrede rus.

Sy nalatenskap leef voort in die lewens wat hy aangeraak het. Hy sal innig gemis word.

“Rus sag, Henk. Jou liefde en mooi herinneringe sal die toets van tyd deurstaan.“

Begrafnisreëlings:

Henk Pieterse word Vrydag, 7 Augustus om 11:00 vanuit die AGS Lighuis-gemeente op Middelburg finaal gegroet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button