NewsSport

Tamo verloor tamaaie kilogramme…voltooi 50 myler

Na sy groot gewigsverlies huppel rugbyslot soos ’n ballerina

Tamatie (Tamo) du Plooy, soos sy spanmaats hom genoem het, was ’n meneer van ’n rugbyslot.
Sy inklim rugby en lynstaanspel het menige span op hulle neuse laat kyk.
Maar toe gebeur, wat met die meeste rugbyspelers gebeur, sy knieë wou nie meer nie.
“My knieë was in hulle maai en my rugbyloopbaan verby.”

’n Slanker Tamo du Plooy hard aan die oefen. FOTO: Verskaf.

Saam met die onaktiwiteit het sy gewig soos die petrolprys begin styg.
Sy rugbyfikselyf het later op 168 kilogram gekreun.
Dit is net hier waar Tamo sy voet neergesit, by Willoway aangesluit, en begin oefen het.
“As dit nie hiervoor was nie, was ek seker nie meer hier nie.”

Die 168kg. het sooos botter in die son begin wegsmelt, kilogram, kilogram, kilogramme…én nog kilogramme…
Hy het begin fietsry, die Loskop halfmarathon voltooi en die strawwe Alzu 50 myler twee weke gelede aangedurf. Al het hy ’n spier geskeur, het hy aanhou trap.

Tamo en Cornus du Plooy nadat hulle die Alzu 50 myler voltooi het. FOTO: Verskaf.

By die eindpunt van die Alzu het ’n “slanke” Tamo trots saam met sy broer, Cornus, vir ’n foto poseer.
Daar is nou ’n hele 68 kilogram minder Du Plooy!
Sy volgende mikpunt is ’n Hyrox-uitdaging in die Kaap later die maand.

“Na my rugbyloopbaan was ek in my maai, nou huppel ek soos ’n ballerina,” sê die oudslot.
En mens kan daarop antwoord: Wat ’n inspirasie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button