’n Krok, ’n klip en ’n koerantberig.
’n Ou vergeelde koerantuitknipsel is bewys dat daar wel ’n berig gepubliseer is oor ’n jong seun wat in die veertigerjare ’n krokodil met ’n klip doodgeslaan het.
Enigiemand wat meer inligting het
Anita Pieterse het oor die naweek gevra dat enigiemand wat meer inligting oor die voorval het, haar moet kontak. Die man op die foto was haar oupa, Petrus Jacobus Smit.
Hy het saam met sy ouers op die plaas Naauwpoort gewoon, wat in die Roossenekal/Loskopdam omgewing was.

Oorlewing het dit dat die jong plaasseun besig was om beeste deur ’n rivier te jaag, toe ’n krokodil hom gryp. Hy het die krokodil met ’n klip doodgeslaan.
Haar pa was Andries Jacobus Smit.
Anita is al jare op soek na meer inligting oor die Smit familie en die krokodilvoorval.
’n Koerantuitknipsel
Intussen het een van haar haar neefs, JJ Strydom, op ’n koerantuitknipsel van die krokodilberig afgekom .
Die vergeelde koerantuitknipsel wys dat die foto wel in ’n koerant gepubliseer is, waarskynlik die Middelburg Observer.
