In net sy eerste jaar in die Bekerafdeling van die Noordvaal Virsekerbeker, het Hoërskool Middelburg ’n span in die eindstryd.
Sy o.14 A-span het vanoggend met 32-24 teen Helpmekaar gewen.
Dit is ’n merkwaardige oorwinning, nadat Helpies ’n paar weke gelede in die poelwedstryd met 25-8 baas was.
Die jong Middie span speel in die eindstryd teen Rustenburg.
Die o.15 A wedstryd is met 28-15 deur Helpmekaar gewen teen Garsfontein.
In die o.16 A kragmeting was Rustenburg naelskraap met 27-28 aan die wenkant ook teen Garsfontein.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
