NewsSport

Middelburg driekamp-legende hop van Kenia na Sjina

Magda Nieuwoudt op podium in Xiamen nadat sy Afrika-fietsrykampioenskap wen.

Die woorde legende, ystervrou en ysterman, word rojaal gebruik.

Dan kry jy Magda Niewoudt, ’n driekamper wat die woord ystervrou versinnebeeld.

Magda het skaars die Afrika-fietsrykampioenskap in Kenia gewen of sy was op die vliegtuig om in Sjina aan die Xiamen-diekamp-uitdaging deel te neem.

Pérez Sala het eerste uit die water gekom in 25:28, byna twee minute voor die res van die vroue, en het die grootste voorsprong tydens die fietsry-afdeling opgebou. Haar tyd van 2:02:35 was meer as 11 minute vinniger as enigiemand anders onder die topvyf-vroue.

Sy het die hardloop-afdeling begin met ’n voorsprong van 15:03 op Jasmine Brown, terwyl Magda na die derde plek opgeskuif het nadat sy ’n tyd van 2:13:53 op die fiets behaal het. Brown het agt sekondes vinniger gehardloop as Pérez Sala, maar die verdedigende kampioen het steeds ’n stewige voorsprong behou en die eindstreep in 4:00:04 oorgesteek.

Brown het tweede geëindig in 4:14:59 en Magda derde in 4:16:38.

Magda aan die hardloop.
Magda Nieuwoudt (heel regs) saam met: Jasmine Brown (Australië) en Sara Pérez Sala op die podium. FOTO: Xiamen driekamp webblad.

Die top vyf plekke en hul tye:

• 1ste plek: Sara Pérez Sala (Spanje) – 4:00:04

• 2de plek: Jasmine Brown (Australië) – 4:14:59

• 3de plek: Magda Nieuwoudt (Suid-Afrika) – 4:16:38

• 4de plek: Caroline Bridges (VAE)

• 5de plek: Sam McInnes (Brittanje). Die oud-Middelburger se fokus verskuif nou na die RideJonburg deur die strate van Johannesburg, ’n padwedloop van 97 kilometer.

Sy het verlede jaar derde geëindig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button