Observer Daller
Groot storm op pad na Groblersdal
Daar is reeds hael en swaar reën gerapporteer rondom Groblersdal en sterk stormwinde en donker wolke voorspel ’n donderstorm.
Swaar reën belemmer tans sig op die R33 (Stoffbegpad) en van die dorp se kant af waai ’n sterk wind die donker wolke aan.
Motoriste waarsku dat padgebruikers stadig moet ry op die R33, omdat sig baie sleg is weens die reën.
Daar is ook swaar reën en hael op die Vaalfonteinpad (R25) net buite Groblersdal gerapporteer.
- Die krag het ook sopas afgegaan weens die storm.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
