Hokkie-Dallers wys veggees op die baan
Hoërskool Ben Viljoen se hokkiespanne het hul staal gewys teen sterk kompetisie in die Limpopo Grootskoleafdeling.
Die dogtershokkiespanne van Hoërskool Ben Viljoen het hul 2026-ligaseisoen afgesluit met ’n uitdagende kragmeting in die Limpopo Grootskole Dogtershokkieafdeling.
Die Dallers het Saterdag, 13 Junie, na Polokwane gereis om teen Hoërskool Pietersburg, ’n skool met ’n gevestigde sportkultuur, sake uit te spook. Ondanks die strawwe kompetisie het die Ben Viljoen-spanne waardevolle ervaring opgedoen.

Die seisoen het weer gewys dat harde werk en deursettingsvermoë ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van die Dallers se hokkieprogram. Verskeie spanne het ook hul plek in die volgende rondte van die kompetisie verseker en kry nou die geleentheid om hul seisoen op ’n hoogtepunt af te sluit.
• Die volledige wedstrydverslag en uitslae van die hokkiekragmetings is in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.

