Geesvang op webblad
Die Middelburg Observer gaan in woord en beeld op groot skaal deel wees van 2014 se Classic Clash.
Die eerste klanke en videogrepe klap reeds vandag op die koerant se webblad, www.mobserver.co.za.
HTS Middelburg het geesvang sommer vroeg Maandag afgeskop, terwyl Middies se Mnr. en Mej. MHS vanaand (Dinsdagaand) gekroon word.
Lekker loslit mondfluitjie klanke weerklink Maandag oor HTS se terrein wat ook op die webblad gehoor kan word.
Sien Video hier:
Beeldmateriaal van Middies se kroning sal Woensdag op die webblad beskikbaar wees.
Zsaraeva Nel, wat in beheer is van die koerant se digitale afdeling, gaan reg deur die week teenwoordig wees by die geesvang geleenthede met haar videokamera.
Moet ook nie Donderdag se bylaag misloop met alles wat lesers sal wil weet van Saterdag se groot sportdag nie.
Drie Observer joernaliste gaan ook gedurende die dag teenwoordig wees om volgende week verskeie fotoblaaie te publiseer.
