Schools

Kanonkop Matrieks spog met matriek uitslae

Hoërskool Kanonkop se matrieks van 2014 het soos verwag, uitsonderlik presteer in die 2014 eindeksamen.

Een leerling kwalifiseer vir die aanvullende eksamen en die skool spog met ’n slaagsyfer van 99%.

Presies 95% van 2014 se matrikulante kwalifiseer vir verdere studies by tersiêre inrigtings.

Hoërskool Kanonkop spog ook met ’n 100% slaagsyfer (geen vak-druipelinge) in die volgende vakke: Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Engels Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Rekeningkunde, Toerisme, I.G.O., Meganiese Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Gasvryheidstudies, Besigheidstudies, Geografie, Lewensoriëntering, Rekenaartoespassings Tegnologie en Wiskunde Geletterdheid.

Sherilene Gelderblom het vier onderskeidings, Micaela Simpson drie onderskeidings en Chandré Joubert drie onderskeidings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button