SchoolsBreaking News

Middelburg se matrikulante skitter!

Middelburg het die top matrikulant in Mpumalanga! Middelburg Muslim School spog met die toppresteerder, Sumaiya Jeewa.

Steelcrest High School kan trots wees op hulle 100% slaagsyfer en 83 onderskeidings. 58,2% van die 146 matrikulante kwalifiseer vir Baccalaureusstudies.

Die toppresteerders, met ’n uitstekende gemiddelde van 94% en 92% en 8 onderskeidings, is Laila Choonara en Aishwarya Lala. Hulle is ook onder die top 10% van Mpumalanga.

Hoërskool Middelburg het ’n slaagsyfer van 99, 48% wat na die ideaal van 100% sal opskuif indien die leerder die hereksamen in Maart 2016 slaag.

Middies het 154 onderskeidings en van die 193 graad 12’s kwalifiseer 114 vir Baccalaureusstudies. Die toppresteerders is Schalk van der Merwe met agt onderskeidings en ’n 85,9% gemiddeld. Rudolph Backer, Mbuso Mahlangu, Suné Mostert, Megan Potgieter en Marizel Scheepers het elk ses onderskeidings.

HTS-Middelburg het ’n slaagsyfer van 98,7% en 264 onderskeidings. 122 van die 232 leerders kwalifiseer vir Baccalaureusstudies. Die toppresteerder is Lewin Bronkhorst met agt onderskeidings. Bernhard Kotzenbergh, Megan Mey, Grethe Maritz, Alekzander Nortjé en Izelle Wallis het elk sewe onderskeidings.

Hoërskool Kanonkop het ’n slaagsyfer van 98,83% en 39 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies. Die toppresteerders is Monique de Abreu en Ashley Foster met sewe onderskeidings elk.

Nasareth Combined School het ’n slaagsyfer van 90,6% en ses onderskeidings.

Ander skole in die Middelburg omgewing het ook goed presteer en die slaagsyfers lyk soos volg:

• Beestepan Agricultural School 97,7% en 7 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• Mphanama Secordary School 93,7% en 23 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• LD Moetanalo Secondary School 90% en 27 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• Poelzie Secondary School 85,71% en 5 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• Bankfontein Combined School 85% en 2 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• Tshwenyane Secondary School 82,6% en 11 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• Mkulu Secondary School 81,3% en 9 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• Sofundo Secondary School 76,47% en 53 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• Ekwazini Secondary School 78% en 6 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

• Sozama Secondary School 70% en 28 kwalifiseer vir Baccalaureusstudies

Sien Gallery met nog foto’s hier!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button