School sportSchoolsSport

Skolerugby se toekoms rooskleurig – dis Virseker

Drie skole skuif op, Middies bly in bekerafdeling

Twee skole in die bekerafdeling van die Noordvaal Virsekerbeker, Ermelo se rugby wat herleef en Steelcrest op Middelburg wat ontwaak het as rugbykrag.

Voeg hierdie goeie nuus saam en skolerugby in Mpumalanga se toekoms lyk rooskleurig.
Nelspruit speel volgende jaar saam met Hoërskool Middelburg in die bekerafdeling van die Noordvaal kompetisie, nadat hy vanjaar in die plaatafdeling meegeding het.

Vriend en vyand verras

Daar is aanvanklik verwag dat Middelburg nie in die strawwe bekerafdeling sou oorleef nie, waar hy moes meeding teen skole soos Garsfontein, Waterkloof, Monument, Menlopark, Dr EG Jansen en Rustenburg.
Die skool het vriend en vyand verras, deur nie net sy plek te behou nie, maar sy o.14 A-span speel Saterdag in die eindstryd van die kompetisie teen Rustenburg.

Bekerafdeling bepalings by Monument

9:00 o.14 A Hoërskool Middelburg vs Rustenburg.
10:40 o.15 A Helpmekaar vs Monument.
12:20 o.16 A Rustenburg vs Monument.
14:00 Eerste spanne Monument vs Waterkloof.

Hoërskool Middelburg was vir 10 jaar die destydse Suidoos-Transvaal kampioene maar die skool se rugby het gekwyn, met HTS Middelburg wat meer bekend geword het as Mpumalanga se “rugbyskool”.

Na die aanstelling van ’n rugbyhoof, verbeterde fasiliteite en meer professionele benadering, blaf die span in groen weer in 2027 saam met die groot honde.

Met Laerskool Middelburg wat vanjaar goud, silwer en brons in die Mpumalanga rugbyliga verower het, is daar genoeg talent op die vervoerband om ’n blink toekoms te verseker.

Die Rooi Bulle het ongelukkig lelik uitgesak en die skool se rugby is op ’n laagtepunt.
Hy het die onaangename vooruitsig om saam met die omstrede DR EG Jansen volgende jaar in die plaatafdeling te speel. Dié omstrede skool het afgeskuif nadat hy by verskeie voorvalle betrokke was.

Nelspruit het Saterdag drie spanne in die eindstryd met die eerstes, o.15 en o.16 span wat deurgedring het.
Die spanne speel almal by Zwartkop in Pretoria.

Plaat eindstryde

o.14 A 9:00 Klerksdorp vs Zwartkop.
0.15 A 10:15 Nelspruit vs Montana.
0.16 A Nelspruit vs Oos-Moot.
13:10 Eerste spanne Nelspruit vs Zwartkop.
Ermelo skuif op van die bowl na die skild afdeling.

P{iet Botha is opgewonde oor die provinsie se skolerugby. FOTO: Verskaf.

Steelcrest se hoof, Piet Bothma, is ook die voorsitter van die Mpumalanga Hoërskolevereniging.
Die skool het Parys Saterdag met 44–34 geklop in die eindstryd van groep vier
Volgens mnr. Bothma kan hulle ook opskuif na ’n hoër afdeling.

Hou hierdie skool dop, hulle het begin met ’n rugbyprogram, mnr. Bothma is ’n rugbyman in murg en been en daar is onontginde talent wat in die toekoms by Steelcrest ’n verskil gaan maak.
Nadat hy gehoor het Nelspruit en Ermelo skuif op na hoër afdelings het hy gesê dit is goeie nuus vir Mpumalanga se skolerugby.
Dit maak dat die provinsie sy spelers behou”.

Hoërskool Middelburg se Christiaan Gouws ken ook sy rugby hy kan ’n groot verskil maak by die Pumas se Cravenweekspan. FOTO: Facebook.

Die Mpumalanga bestuur is nog besig met ’n proses om ’n nuwe Cravenweek afrigter in mnr. Coene Nolte se plek aan te stel wat deesdae in Limpopo skoolhou.
Die Nelspruit rugbyhoof, MJ Mentz, moet een van die gunstelinge wees, terwyl Christiaan Gouws van Hoërskool Middelburg ook ’n goeie kans staan.

Die oud Springbok sewes speler, Dirkie Strydom, van Hoërskool Kanonkop, was reeds hierdie jaar by die span betrokke as een van die hulpafrigters.
Rudi Geyser van Hoërskool Kanonkop het ook as spanbestuurder ’n verskil gemaak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button