Pumas pak Griffons in Mbombela
Valera op haker gekies en Gerry is terug in die nommer tien-trui
Valera op haker en Gerry terug in die nommer tien-trui.
Dit is die groot nuus nadat die Pumas se o. 21-span gekies is wat die Griffons Saterdag in Mbombela pak.
Die oud-Hoërskool Middelburg-skrumskakel, Conrad Breytenbach, se seun, Valera, sak weer in die middel van die skrum. Dit begin al hoe meer lyk of dit sy posisie in die toekoms gaan wees. Hy kan, soos sy pa, ook skrumskakel speel en is soos Dok Danie Craven sou sê, ’n ware footballer.
Die seun van wyle Gerry Gendall met dieselfde naam as sy pa, Gerry Gendall Junior, is terug op losskkael. Gerry Senior het enige plek in die span gespeel, net solank hy kon speel, maar was hoofsaaklik losskakel of senter.
Die wedstryd skop om 14:00 by Nelspruit Rugbyklub af.
Die Nelspruit-vrouespan speel om 12:30 teen Mpumalanga-universiteite en Nelspruit Rugbyklub pak Brakpan om 16:00.
Puma o. 21
Azu Magqaza, Lian Jordaan, Ruan van der Westhuizen, Uyanda Fikizolo, Bayron Adams, Gerry Gendall, Andeon Pringle, Nkateko Phakula, Stephen Tshimanga, Hanro Terblanche, Jayden Bekker, Michael Versfeld, Amukelo Mtetwa, Valera Breytenbach, Siba Lamola. Plaasvervangers: Jan de Wet, Jaden Packer, Koketso Ntuki, Stephan Nkosi, Sam Hadebe, JC Botha, Jayden Mostert, Kyle Alves.