Dit is Tuks teen UJ.
Dit is slot teen slot…
Dit is Marius Verwey teen Driaan Bester.

Die Varsitybeker skop Maandag af en twee van die dorp se oudleerlinge is gekies as kapteins van hulle universiteitspanne.
Verwey draf voor vir Tuks en Bester is aangewys as die Universiteit Johannesburg (UJ) se kaptein.
’n Blink toekoms word vir die twee voorspel, met Verwey wat alreeds vir die ouderdomspanne en die senior span van die Blou Bulle uitgedraf het. Bester loop dieselfde pad en het al gestoomroller vir die Leeus.
UJ het in die eerste rondte in Puk ’n moeilike kalant en speel om 16:45 tuis, terwyl Tuks op die LC de Villiers stadion in aksie is (18:30) teen die Sentraal Universiteit van Tegnologie.
Die twee groot slotte hoef nie lank te wag voordat hulle mekaar trompop loop nie. UJ speel net die volgende week, op 11 Februarie (18:30), tuis teen Tukkies.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
