Wêreld bestes by Loskop
Die 12de uitgawe van die “Predator Boat Fishing World Championship” in samewerking met SAALAA (South African Artificial Lure Angling Association) word die naweek by Loskopdam aangebied.
Hierdie kompetisie het die afgelope drie jaar in Rusland Water (Engeland), Konakova (Rusland) en Lough Ree- Lanesborough (Ierland) plaasgevind en vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrika.
Forever Loskopdam verwelkom spanne vanaf Suid-Afrika, Namibië, Ierland, Lithuanië, Roemenië, Oekraïne, Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Poland, Belarus, Estonia, Italië, Latvia, Rusland, Kroasië en die VSA.
Die span wat Suid-Afrika verteenwoordig, staan bekend as die Proteas en bestaan uit Magriet Coetzee (Bestuurder), Rennie Sada (Afrigter), Pieter Reynecke (Kaptein), Wayne Naude, Fanie Fourie, Emile van Druten, Damon Nell and Norval Feuth (Spanlede).
Andries C. Hoffman, ’n rivierwetenskaplike, sal van die visspesies vertoon sodat die publiek meer oor hulle kan leer.
Program:
9 Februarie 2019 – Opening van seremonie in Sandton, Johannesburg
10 en 11 Februarie 2019 – Visvang oefening op Loskopdam
12 en 13 Februarie 2019 – Visvang kompetisie op Loskopdam
13 Februarie 2019 – Gala toekenning seremonie by Forever Resort Loskopdam
14 Februarie 2019 – Afsluiting.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za