Rooies kraai koning oor Jeugland
HTS Middelburg het ’n besondere naweek op die krieketveld teen Jeugland beleef. Beide die o.15 en 1ste spanne het gewen.
Rooies se o.15 – span kolf eerste en teken 176 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 47.2 boulbeurte aan.
Jeugland teken 112 lopies aan en verloor al hulle paaltjies in slegs 26.4 boulbeurte.
Rooies wen die stryd met 91 lopies. Die o.15’s se sterspelers Boerras Lottering en Johnathan Durrheim het 49 en 41 lopies aangeteken het.
Jodan Booysen speel sy eerste wedstryd vir die o.15’s en neem vyf paaltjies.
• Die Rooipette se eerstes kolf ook eerste en teken 176 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 47.2 boulbeurte aan.
Jeugland teken 140 lopies aan vir die verlies van 10 paaljies in 34.5 beurte.
Rooies wen die wedstryd oortuigend met 36 lopies.
Sterkolwers was Heinrich Venter 37 lopies, Tyrone Snyman 25, Landru Scorgie 23 en Tihan du Preez 23.
Die Rooipette se boulwerk is vuurwarm gewees: Tihan du Preez neem 4 paaltjies in 10 boulbeurte en staan 34 lopies af.
Caden Olivier neem 2 paaltjies in 0.5 boulbeurte en staan 3 lopies af.
Heinrich Venter neem 2 paaltjies in 7 boulbeurte en staan 28 lopies af.
Landru Scorgie neem 2 paaltjies in 10 boulbeurte en staan 31 lopies af.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
