Sport

October die mooiste mooiste in Rooi

October is die mooiste mooiste maand, skuus dit is eintlik Oktober. Saterdag was dit egter October wat die mooiste mooiste drieë gedruk het in HTS Middelburg se sege van 47-30 oor Rustenburg.

Die telling weerspieël nie die wipplank stryd tussen ’n klipharde Rustenburg span en die Rooi Bulle nie.

Rustenburg het eerste bloed geruik met ’n voorspeler stormloop, maar binne minute was dit gelykop, nadat die Rooies agttal self spiere gewys het.
Rustenburg was rustyd met 23-19 voor met albei spanne wat opwindende rugby gespeel het.

Die telling het daarna gewissel van 23-26 tot 30-26, 30-33 en uiteindelik 30-47.

Tino October het gewys waarom hy klaar ’n groot held is met twee skitter drieë. Hy het hope vaart en gaan een van die span se troefkaarte wees die seisoen.

Met dié oorwinning het die Rooies verlede jaar se eina seisoen in die agtergrond geskuif. Daar kort miskien nog meer vleis onder die voorspelers maar die tekens is daar dat Rooi rugby uit die as herrys het.

Puntemakers vir Rooi Bulle met drieë:

Boesman Kleyn, Tino October (2), Brendon Spangenberg, Cyle Visagie,
Edwin Till, Grant van Leeuwen. Alec Vermaak slaag met drie doelskoppe en LJ Pretorius ook met drie doelskoppe.

Uitslae van ander spanne Tegnies eerste genoem:

o/14A 31-5

o/15A 27-0.

o/16A 29-19.

Tweedes 22-6.

 

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

 
Back to top button