Kempies kom sleg tweede teen Rooies
HTS Middelburg se rugby- en hokkiespanne het Hoërskool Kemptonpark Saterdag met groot tellings geklop.
Die Rooies slaag met verskeie wegholtellings teen Kempies op beide die rugby- en hokkieveld. Die o/14A’s wen met 75-0 en o/14B’s met 80-0. Op die hokkieveld is skitterende oorwinnings deur die o/16A-seuns 7-0, o/16B-seuns 6-1 en o/16B-dogters 7-0 behaal.

Die naweek se uitslae sien soos volg daaruit met die Rooies se tellings eerste:
Rugby
o/14A 75-0
o/14B 80-0
o/16A 57-33
o/16B 12-17
1stes 31-15
2des 62-5
3de 38-5
4des 41-5
Puntemakers vir die Eerstes was Cyle Visagie, Quintino October, Brendon Spangenberg elk met ’n drie. Tiaan Herbst druk twee drieë en Alec Vermaak slaag met drie doelskoppe.

Seunshokkie
o/14A 2-4
o/16A 7-0
o/16B 6-1
1stes 1-0

Dogtershokkie
o/14A 0-9
o/14B 1-3
o/15A 1-0
o/15B 1-3
o/16A 1-5
o/16B 7-0
1stes 0-2
2des 3-1
Die Virsekerbeker skop eerskomende Saterdag, 4 Mei, tuis teen Noordheuwel af.

Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
