Swartes laat Witrivier sweet
Middelburg het Saterdag sy man teen Witrivier gestaan al lyk die eindtelling van 31-10 dalk nie so nie.
Die Swartes het met ’n groot poging vorendag gekom en was rustyd nog met 10-5 voor.
Die Laevelders is een van die toonaangewende spanne in die liga met nege spelers wat al provinsiale rugby gespeel het.
’n Slag het die span ook getref toe sy inspirerende kaptein, Heinrich Cronje, die veld met ’n skouerbesering verlaat het.
Die klub reis Saterdag na Newcastle vir sy laaste wedstryd in die eerste rondte. Daarna word Nelspruit en Witbank ook weg gepak.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
