Sport

Rooies op oorlogspad teen EG Jansen

HTS Middelburg se rugbyspanne het na ’n droewige seisoen van verlede jaar behoorlik kop opgetel.

In 2018 wen die Rooies slegs een uit nege wedstryde teen EG Jansen, maar slaag vanjaar daarin om ses uit die nege keer aan die wenkant te wees.

Met die 2019-rugbyseisoen wat sy halfpadmerk bereik het, is HTS Middelburg tans in die eerste plek van die Virseker Beker Reeks met die o.16A’s in die 1ste-posisie, o.14A’s in die 2de-posisie, o.15A’s in die 6de-posisie en die 1stes in die 5de-posisie.

Alhoewel die eerste rugbyspan vanjaar volgehoue vordering toon, meen die Rooi Bulle se hoofafrigter, mnr. Gert Lindeque, dat die eerste span met hul voorbereiding in die besonder aandag aan hul fokus sal gee om te verhoed dat die span sagte drieë afstaan.

Uitslae van die onderskeie wedstryde soos volg met die ROOIES se tellings eerste:

o.14A 54-0
o.14B 14-12
o.15A 10-10
o.15B 36-12
o.16A 41-22
o.16B 33-10
4des 12-29
3des 0-5
2des 21-28
1stes 7-43

“Baie geluk aan elke speler wat sy beste op die veld gegee het. Dankie aan al die afrigters en ouers wat ons skool se seuns tydens elke oefening en wedstryd ondersteun. Ons glo en vertrou dat die komende af naweek voldoende ruskans aan die spelers, afrigters en ouers sal bied!”

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button