Jong Rooies wys veggees
HTS Middelburg se rugbyspanne het Saterdag, 8 Junie, teen Helpmekaar, een van die top 10-rugbyskole in die land, in die Virseker Beker Reeks kragte gemeet.

Daar is positiewe vooruitsigte veral by die juniorspanne wanneer verlede jaar se tellings in ag geneem word. Daar is ’n aansienlike verbetering regdeur die bank in die Rooies se vertoning – ’n opwaartse kurwe waaroor die skool baie opgewonde is!
Die Rooies is veral trots op die o/14A- en o/14B-spanne se spogvertonings. Die o/15A’s het nie toegelaat dat omstrede beslissings húl veggees blus nie en het enduit karakter getoon. Die o/16A’s se veggees was ook bewonderenswaardig nadat hulle die halftydtelling van 0-32 teen hulle met 34-39 verbeter het!
Tellings van die onderskeie spanne sien soos volg daaruit, met die Rooies se tellings eerste:
Rugby
o/14A 30-27
o/14B 24-19
o/14C 24-26
o/15A 10-17
o/15B 10-17
o/16A 34-39
o/16B 19-14
3DES 22-36
2DES 28-19
1STES 5-50
“HTS Middelburg wens elke speler en afrigter ’n welverdiende ruskans met die komende Junie-vakansie toe. Sterkte aan die Rooies wat in hul onderskeie provinsiale- en Bokkiespanne gaan meeding, ons glo dat dit vir julle ’n leersame ervaring sal wees!”
Die Rooies se volgende kragmeting is die vriendskaplike wedstryde op 13 Julie teen Glenwood, waarna Menlopark op 20 Julie gepak word.
Lees ook:
Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry
Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za