Suidoos en Pumas soek oudspelers
Mpumalanga rugby-unie, wat in 1969 gestig is, is vanjaar vyftig jaar oud.
Die unie het sy beslag gekry nadat dr Danie Craven en ds Punt Janson van die Hervormde Kerk op Witbank, samesprekings gevoer het.
Suidoos-Transvaal rugby-unie het in die beginjare met duifgrys truie gespeel met ‘n varkoor as sy kenteken.
Om die verjaardag te vier, word daar ‘n reünie van oudspelers op 3 Augustus op Nelspruit gehou, wanneer die Pumas en Haaie in ‘n Curriebeker wedstryd kragte meet.
Daar word na oudspelers van veral Suidoos-Transvaal maar ook die Pumas gesoek.
Spelers kan die kaptein van die 1983 span wat die Westelike Provinsie op Witbank geklop het, Richard Cooke, by 083 263 6938 kontak of Tobie van den Bergh by 072 220 1568 of tobie@mobserver.co.za.
Arrie Myburgh, wat vele wedstryde vir die Blesbokke, Suidoos se B-span. uitgedraf het, help met die reëlings. Sy kontakbesonderhede is 082 786 5894 of arriemyburgh@gmail.com.
Lees ook:
Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry
Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
