Van gebreekte nek na Legendes en Gold Cup eindstryd
Dit is WP trots teen die Blou Bulle se bestes.
Respek!
Gerhard Swarts het sy nek in ’n rugbywedstryd gebreek as leerling van Hoërskool Kanonkop.
Tog het dit hom nie verbitterd gelaat nie.
Om die waarheid te sê, hy is nog aktief betrokke by die spel as afrigter en rugby annalis.
Verbitterd teenoor die spel wat hom ’n kwadurpleeg gelaat het? Nie Gerhard nie.
Respek!
In 2006 het die voorry, Jacques Muller (46), sy nek in ’n rugbywedstryd gebreek.
Verbitterd teenoor die spel?
Nie Jacques nie!
Die gewese HTS Middelburg kaptein mik Saterdag saam met die Naka Bulle vir ’n driekuns in die Gold Cup.
Jacques is die voorspeler afrigter van die span wat in die eindstryd in die Kaap teen Villagers te staan kom.
’n Kragmeting wat herinner aan die ou klubrugbyeindstryde in Durban.
Maties teen Tukkies.
Despatch teen Shimlas.
En nou Villagers die Westelike Provinsie se klubtrots teen die Blou Bulle se Naka Bulle.
Hy het in 1998 aan HTS Middelburg matrikuleer en drie jaar vir die eerstespan uitgedraf, waarvan een jaar as kaptein.

Vanaf 1999 tot 2006 het hy 150 Curriebeker wedstryde vir die Pumas gespeel.

Nadat hy sy nek gebreek het in ’n wedstryd, het hy na die spel teruggekeer, om vir die Suid-Afrikaanse Legendes te speel.
Hy is ook die afrigter van Hoërskool Montana se eerstespan.
Die wedstryd teen Villagers word op kanaal 199 vanaf 15:00 gebeeldsend.

