Sport

KYK: Die water spat soos die tweeling trap

Die BRANDmuller spanne aangevuur deur uitdaging.

O tog, maak vas julle sitplekke, hier kom ’n ding!

Die ‘onmoontlike’-tweeling van die Toks&Tjops Munga span het vanoggend ’n lont onder die sitplekke van die Middelburg Care Rider spanne aangesteek.

Die sussies, Magda Nieuwoudt en Rika Calitz, het gewys dat hulle slaggereed is vir die Munga bergfiets equippe fietswedren, vanaf 26 November tot 1 Desember, vanaf Bloemfontein na Wellington.

Die twee het gewys dat nie eers koue, reën of wind, hulle voorbereiding gaan kortwiek nie.

Hulle het ’n video geplaas waarin hulle vir die ander Toks&Tjops-spanlede vra waarom oefen hulle dan alleen.

@middelburgobserver

Die vonke spat tussen Toks en Tjops en Care Riders. Toks&Tjops, CareRiders, Munga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Jy kan amper sê hulle is soos vinkel en koljander, die een trap so hard soos die ander…

Die Toks&Tjops span bestaan uit Magda, Rika, Hammie Wessels, Bakkies Botha en Breyton Paulse.

Onbevestigde nuus uit die Toks&Tjops span, is dat Bakkies dalk die wedren sal misloop, weens ’n skouerbesering. (Ons weet nie wie het hy geduik nie).

Die tweeling se video het skaars die virtuele wêreld getref en die Care Riders se Andre Brandmuller het teruggevuur, met ’n boodskap waarin hy sê dat dit “hartseer is dat die Toks&Tjops ryers die meisies so alleen laat oefen”.

Hy het ook ’n persoonlike boodskap vir Magda gehad, wat voorheen aan Hoërskool Middelburg verbonde was.

Hy sê as sy eers die water van die Klein Olifantsrivier gedrink het, sal sy weet die Middelburg manne is, as die verdedigende Munga kampioene, gereed vir die uitdaging.

Wanneer die skoot in Bloemfontein klap, gaan die spanne vir liefdadigheid ry, maar onder die Care Riders se sitplekke gaan daar so ekstra woema wees, aangevuur deur tweeling sussies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button