Rooi Bulle teken kontrakte om in Japan rugby te speel
Volg in voetspore van Springbok held Kwagga Smith
Ten minste vier Rooi Bulle gaan hulle rugby in Japan speel.
Hulle volg in die voetspore van die HTS Middelburg oudleerling, Kwagga Smith, wat vir Yamaha Shizuoka Blue Revs speel.
Smith is deesdae ’n Springbok held wat weer Saterdag teen Italië onmiddellik ’n impak gemaak het, toe hy as super sub op die veld draf.
Die hemelbesem wat hierdie jaar een van die Rooi Bulle se beste spelers was, Janco Aucamp, gaan ook vir Shizuoka Blue Revs speel. Hy het ’n driejaar kontrak onderteken.

Die losskakel en kaptein van die HTS Middelburg eerstespan, Johnny dos Santos, gaan aan die Hakuoh Universiteit in Japan studeer.
Nog twee spelers, waaronder Ethan Kock, is besig om met Japanese klubs te onderhandel.
Die skool se eerstespan afrigter, Jano Venter, het vir Shimizu Koto Blue Sharks in Japan gespeel.
Die oud Blou Bulle flank Lappies Labuschagne en Wimpie van der Walt wat vir die Westelike Provinsie uitgedraf het, het albei vir Japan se nasionale span gespeel.
