Jaap Beyers weet wat dit behels om ’n Munga fietswedren te voltooi.
Hy en sy vrou Elmien het immers die volle 1 200km van Bloemfontein na die wynlande klaargetrap.
SEER kry nuwe betekenis wanneer jy deur die Karoo is.
Seer spiere, seer sitvlak, seer oë, seer gebrand, seer arms…jy het seer op plekke waar jy gedink het jy nie eers plekke het nie.
Van wind, sinkplaatpaaie, afdraendes en opdraendes, slaaploosheid en algehele moegheid, het die tweemanskap oorleef.
Daarom het hy Woensdagaand toe Middelburg Fietsryklub sy Munga deelnemers sterkte toegewens het, vir elkeen ’n persoonlike boodskap gehad.
Saam met die boodskappe was daar versterkwater wat hulle sekerlik eers by die eindpunt sal geniet.
Behalwe vir die equippe (aflos) spanne gaan Johan en Thiesa Janse van Rensburg en Veli Mthethwa die volle afstand aandurf.
@middelburgobserver Munga Care Riders get extra motivation for gruelling race. Munga
