Reitan gee die pas aan – Aldrich het goeie eerste rondte by Nedbank gholf
Nelspruiter onder voorste spelers by Sun City
Of jy nou van die spel hou of nie, die absolute meesterlike gholf wat spelers in die eerste rondte opgedis het by die Nedbank gholf uitdaag by Sun City, sal enigeen voor sy televisie vasgenael hou.
Aldrich Potgieter het ’n versigtige, maar goeie, eerste rondte gespeel.
Sy telkaart kon veel beter gelyk het as hy nie ’n hele paar sette te kort gelos het nie.
Miskien was dit die beste wyse om die toernooi af te skop, want daar is nog drie warm dae oor waar enigiets kan gebeur.
Hy het ’n -3 op sy telkaart ingevul
Die vroeë voorloper is Noorweë se Kristoffer Reitan op -9.
Die voorste Suid-Afrikaners is Shaun Norris en Garrick Hugo op -4.
Saam met Potgieter op -3 is die Nelspruiter Thristan Lawrence.
