Sport

Aldrich kan die pyp rook in Dunhill toernooi

Korb saam met major wenner Oosthuizen en rits ander sterre

Gholf is ’n wispelturige sport.
Jy kan die een week nie die afsnypunt maak nie en die volgende week wen jy ’n toernooi.

Alfred Dunhill-kampioenskap

Op 20 jaar is Aldrich Potgieter al ’n ou hand op die wêreld se gholfbane.
Hy het hierdie jaar die soet smaak van oorwinning geproe in die strawwe Amerikaanse PGA reeks, net om daarna aan ’n toernooi te onttrek en nie die valbyl vry te spring nie.
Daarom sal hy na sy ietwat teleurstellende buiging in die Nedbank toernooi by Sun City, Donderdag 11 Desember, met nuwe entoesiasme by die Alfred Dunhill aantree.
Hy is een van daardie spelers wat op ’n goeie dag kan vlamvat en enige baan aan flarde skeur.
Die toernooi word by Royal Johannesburg baan aangebied en nie soos gewoonlik by Leopard Creek nie.

Golfer in a pink shirt and white cap swings a club, focused expression, green blurred background. Concentrated action during a game.
Ruan Korb. FOTO: Facebook.

Middelburg bande

Daar is drie spelers met Middelburg bande wat Donderdag afslaan.
Die oud HTS Middelburg leerling, Ruan Korb, slaan saam met bekendes soos Louis Oosthuizen, Dylan Fritelli, Daniel van Tonder, Shaun Norris en Branden Grace af.
Oliver Bekker is nou nie ’n volbloed Middelburger nie, maar sy skoonouers, Leon en Hannetjie van den Berg, bly op die dorp.

A golfer crouches on a green, focused with a putter in hand. He wears a gray shirt, cap, and watch, set against a blurred background, conveying concentration.
Oliver Bekker. FOTO: Verskaf.

Net ‘n bietjie geluk

Die Nelspruiter, Thriston Lawrence, sal ook hoop dat hy ’n goeie vier dae beleef. Soos Potgieter kort hy net ’n bietjie geluk om weer op die wenners podium te staan.
Die Nedbank wenner, Kristoffer Reitan, speel ook in Johannesburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button