Hier kom ’n ding!
Die Dunhill gholf kampioenskappe se telbord lyk soos die N1 op ’n Vrydagmiddag tussen Pretoria en Johannesburg.
Eugenio Chacarra van Spanje is die vroeë voorloper op -9 met verskeie spelers wat in sy nek blaas.
Branden Grace is op -7, Oliver Bekker en John Parry op -6.
Die goeie nuus vir Middelburgers is dat hulle gunsteling gholfseun, Aldrich Potgieter, ’n goeie eerste dag beleef het met ’n -5.
Dit is hier waar dit buffer teen buffer gaan
Dean Burmeister, Christiaan Bezuidenhout, Roman Langasque, Jorge Campillo, JC Ritchie, Marcel Siem en Brandon Stone het almal ’n rondte van -5 gespeel. Die ander Middelburger in die toernooi, Ruan Korb, het laat afgeslaan en was na sewe gate gelyk aan syfer.
