Sport
Mylpale by Lavender Mill parkrun
Of dit nou 'n eerste of 'n 100ste is, almal wat deelneem aan die Lavender Mill Parkrun voel al soos een groot familie!
Almal wat gereeld die Lavender Mill parkrun kafdraf op Saterdae het verlede naweek vrolik gedeel in al die mylpale wat bereik is.
Wim Fourie het sy eerste parkrun aangepak en almal laat skater toe hy soos ’n wafferse Comrades atleet oor die eindstreep gekruip het.

Douglas Franklin het sy 100ste, Danie Kock sy 50ste en Elian Janse van Rensburg haar 25ste parkrun voltooi.Boonop het Laerskool C.R. Swart se rugbyspan die netbalspan uitgedaag om ook die parkrun te doen, wat hulle natuurlik almal sáám gedoen het!


• Parkrun deelnemers sal bly wees om te hoor dat daar beslis ‘n parkrun sal wees op nuwejaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
