Sport
Aldrich gekroon as gholf se nuweling van die jaar
Hy volg in die voetspore van legendes soos Ernie Els en Trevor Immelman
Die oud Middelburger, Aldrich Potgieter, is aangewys as die Amerikaanse PGA toer se nuweling van die jaar.
Hy volg in die voetspore van Suid-Afrikaanse gholflegendes soos Ernie Els en Trevor Immelman wat ook die toekenning ingepalm het.
Potgieter is op 13 September 2004 in Mosselbaai gebore, maar die gesin het ook vir ’n tyd op Middelburg gewoon waar hy Laerskool Middelburg bygewoon het.
Hy het die Arnold Palmer toekenning ontvang as nuweling van die jaar.
• Die jong gholfspeler het hierdie jaar die jongste Suid-Afrikaner geword om ’n PGA toernooi te wen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
