Sport

Mpumalanga jukskeiers onder bestes in Suid-Afrika!

Mpumalanga Jukskei het van die beste spelers in die land!

Die Mpumalanga Jukskeispan het hul staal gewys by die SA Junior kampioenskappe en proewe by die Kroonstad Jukskeipark.

Hulle het deelgeneem teen spanne vanaf Oos-Gauteng, Gauteng-Noord, Sentraal-Gauteng, Wesrand, Sedibeng, beide Noord- en Suid-Vrystaat, die Kaapse Wynland, die Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo, KwaZulu-Natal en spanne vanuit Namibië.

Mpumalanga se beamptes was as volg tydens die SA Juniortoernooi:
• Hoof spanbestuurder: Annie van den Bergh.
• Hoof Afrigter: Baba Maree.
• Spanbestuurders: Debbie Klasen, Wilandrea Visser.
• 0/19 Seuns afrigter: Berdie Smith.
• 0/19 Dogters afrigter: Elise Schoeman.
• 0/19 Akademie seuns Afrigter : Frank Williams.
• 0/16 Seuns afrigter :Christo Prinsloo.
• 0/16 Dogters Afrigter: Melanie Potgieter.
• 0/13 Dogters Afrigter: Chriselda Pienaar .

Tydens die byeenkoms het Mpumalanga se Pumas die volgende prestasies bereik:
• Dubbels spel op 6 Desember verower Helelise Schoeman en Bianca van den Bergh brons medaljes met hul afrigter Melanie Potgieter.
• Berdie Smith word verkies as afrigter by Akademie seuns proefspan 3 op 10 Desember.
• Afrigter Melanie Potgieter en speler Helelise Schoeman speler vir die o/16 dogters proefspan 1.
• Bianca van den Bergh behaal proefspan 4 vir o/16 dogters.
• Lubin Brink behaal proefspan 1 vir o/16 seuns op 10 Desember.
• San-mari van den Berg behaal proefspan 1 vir die o/19 dogters.

Uit al die proefspanne loop die Pumas weg met die volgende :
• Helelise Schoeman SA o/16 meisies. Nasionale Proteaspan.
• Lubin Brink SA-A o/16 seunspan.
• SA-A Hoofspanbestuurder Annie van den Bergh.
• SA-A Hoofafrigter Elise Schoeman.

Vir enige verdere navrae, skakel die Mpumalanga Jukskei Federasie by die volgende nommers: President: Hester Pretorius 082 746 1483, Direkteur Afrigting en Ontwikkeling: Niekie Coetzee 082 892 9900 en Direkteur Fasiliteite en Werwing: Johan de Klerk 082 775 6371.

 

Die Mpumalanga Jukskeispan wat uitstekend presteer het by die SA Junior Jukskeikampioenskappe. Voor: Ngobile Nkosi, Lethabo Moshokwa, Samu Nkonyane, Christalene Potgieter, San-Marie van der Bank, San-Marie van den Berg. Tweede ry: Baba Maree, Debbie Klasen, Annie van den Bergh, Melanie Potgieter, Elise Schoeman, Christo Prinsloo, Berdie Smith, Wilandrea Visser, Frank Williams. Chriselda Pienaar, Gerda le Roux. Derde ry: Bianca van den Bergh, Wade Klasen, Michelle Lambert, Anri le Roux, Michiel van den Berg, Ruvan de Bruyn, Lubin Brink, Roane Burger, Andeen Kruger, JD Zietsman, Melisa Halgryn-Smith. Agter: Jamie Klopper, Jhondre Cook, Stephan Pienaar, Ofentse Mamakwa, Hanelda Pienaar, Xander van Dyk, Anrich van der Westhuizen, Christiaan Venter, Tshepo Boikkhutso, Helelise Schoeman en Amber van Wyk. Foto: Verskaf.
Melanie Potgieter, Bianca van den Bergh, San-mari van den Berg, Lubin Brink, Helelise Schoeman en Berdie Smith as deel van die proefspanne. Foto: Verskaf.
Voor: Annie van den Bergh, Baba Maree, Chriselda Pienaar en Debbie Klasen. Agter: Elise Schoeman, Berdie Smith, Christo Prinsloo, Frank Williams, Melanie Potgieter, Wilandrea Visser.
Tydends die dubbelsspel verower Helelise Schoeman en Bianca van den Bergh ‘n brons medalje. Saam met hulle is afrigter Melanie Potgieter.
Die o/19 dogters proefspan 1. Afrigter Talitha Steyn (Wesrand), Louise Saunders (Gauteng Noord), Carla Aldum (Oos-GautengG), San-Mari van den Bergh (Mpumalanga) en Marghereet Visser (Gauteng Noord).
O/16 dogters proefspan 4. Afrigter Marietjie Herbst (Noord-Vrystaat), Chaze Viljoen (Wesrand), Bianca van den Berg (Mpumalang) en Vione van der Merwe (Sentraal-Gauteng, kaptein).
Akademie Seuns Proefspan 3. Afrigter Berdie Smith (Mpumalanga), Mamabolo Defara (Limpopo), Xander Davids (Sentraal-Gauteng), Riley Arendse (Kaapse Wynland, kaptein) en Ruben van Wyk (Oos-Gauteng).
O/16 Proefspan 1. Afrigter Melanie Potgieter (Mpumalanga), Kaila Heyns (Sedibeng), Clarice Nel (Oos-Gauteng, kaptein) en Helelise Schoeman (Mpumalanga).
AfrigterArmand Marx (Limpopo), Johan Nortje (Gauteng-Noord), Justin van Deventer (Limpopo), Lubin Brink (Mpumalanga) en Sias Groenewald (Sedibeng, kaptein).
Bo: Annie van den Bergh (Hoof spanbestuurder, SA Junior Toernooi) en Elise Schoeman (o/19 Dogtersafrigter). Onder: Helelise Schoeman (SA o/16 dogters) en Lubin Brink (SA o/16A-span).

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button