Sport

Hoërskool Middelburg gasheer van Mpumalanga Junior Muurbal Interhoër

Skole van regoor Mpumalanga sal aan die Mpumalanga Junior Muurbal Interhoër deelneem by Hoërskool Middelburg.

Hoërskool Middelburg is op 30 en 31 Januarie die gasheerskool vir die Mpumalanga Junior Muurbal Interhoër, waar van die beste jong muurbalspelers in aksie saal wees.

Die toernooi open amptelik om 08:00 op Vrydag, 30 Januarie, voor die Middies-muurbalbane. Die muurbalbane is onlangs verbeter om aan hoë kompetisiestandaarde te voldoen.

Die seuns eerstespanne gaan hul wedstryde by die Middelburg Buiteklub speel, terwyl die dogters eerstespanne by HTS Middelburg in aksie sal wees. Die seuns B- en die gemengde spanne, gaan hul wedstryde op die Middies-muurbalbaan speel.

Verskeie skole van regoor Mpumalanga sal aan die interhoër deelneem, waaronder Hoërskole Middelburg, Nelspruit, en Secunda, Uplands, HTS Witbank, HTS Middelburg, asook ’n uitnodigingspan bestaande uit spelers van verskillende skole.

Die geleentheid beloof om hoëgehalte muurbal, gesonde mededinging en sterk skolesportmangees op te lewer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button